Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Tuna-eierbakkies

Feb 20, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Tuna-eierbakkies

Vars groente en JOYA® appel

Westfalia Guacamole

JOYA® appel in ‘n waterbottel

Soms is ‘n maklike en eenvoudige idee ook dié wat die lekkerste is. Hierdie is dikwels juis ook die resepte wat jy sonder veel moeite kan varieer om in ‘n japtrap iets nuuts te maak.

Eier is mos een van daardie uiters veelsydige kossoorte en hierdie tuna-eierbakkies kan maar in almal se resep-arsenaal wees. Vandag sit ons tuna en murgpampoentjies in, maar geroosterde groente met kaas of hoender is ewe lekker. Of wees kreatief met waarvan jou gesin sal hou.

Met Kosblik probeer ons almal aanmoedig om ‘n gesonde leefstyl te volg en ‘n belangrike deel daarvan, is gebalanseerde etes – ook wanneer dit in ‘n kosblik gepak word. Pharma Dynamics moedig ons ook juis met hul reeks resepteboekies aan om met alledaagse bestanddele heerlike en voedsame kos te maak. Hierdie resepte is alles gratis op hul webwerf beskikbaar.

Om maaltye en ook kosblikke gebalanseerd en voedsaam te maak, moet ‘n mens altyd probeer om deur die loop van die dag, iets uit elke voedselgroep te eet. Hierdie kosblik is ‘n goeie voorbeeld daarvan, want daar is proteïene in die eierbakkies (die tuna en eier), stysel in die vorm van die boontjies en ook die appel en dan gesonde olies van die guacamole. Die appel en groente is ‘n lekker manier om vars goed deel te maak van die ete en dra beide vesel en ander voedingselemente by tot die maaltyd.

Die appels wat vir vandag se kosblik gebruik word, is nie sommer net enige appel nie. JOYA® appels het ‘n ekstra krakerige tekstuur en is lekker sappig. Dit kneus ook nie maklik nie en is dus perfek vir ‘n kosblik. Dit word plaaslik verbou en is nou in seisoen – dus ideaal om op jou inkopielysie te sit. Die appel is ook geurig genoeg om wiggies daarvan in ‘n bottel water te gebruik om dit op ‘n natuurlike manier te geur en versoet. Kombineer dit met vars kruisement en ‘n kaneelstokkie om jou aan te moedig om genoeg wat deur die dag te drink. In die warmer maande is dit veral noodsaaklik om genoeg water in te neem en hierdie is ‘n lekker praktiese idee daarvoor. Kry meer JOYA® in jou lewe en besoek.

Die regte keuse van olies en vette is belangrike vir ‘n gesonde leefstyl. Westfalia Fruit is nie net bekend vir hul vars avo’s nie, maar ook die reeks avokado-olie en guacamoles. Die olies is ook ryk aan die gesonde omega-3 vetsure wat noodsaaklik is vir ons metabolisme, gesonde hare, naels, vel en ook vir breinfunksies. Die ongegeurde avokado-olie het ‘n baie neutral geur en proe glad nie soos avokado nie, wat dit juis veelsydig maak. Die ander olies in die reeks, soos die suurlemoen-, knoffel- of brandrissiegeur kan vir ‘n verskeidenheid geregte gebruik word. Die suurlemoengeur is beslis my gunsteling. Westfalia se avokado-olies is ideaal vir enige doel in die kombuis, van drup oor ‘n slaaisous, rooster, braai en selfs bak. Die olies se hoë brandpunt beteken juis ook dat dit vir braaidoeleindes geskik is. Die guacamole kom in 4 geure en een bakkie guacamole bevat die inhoud van twee avokado’s, dus ook propvol voedsaamheid. Vir vandag se ete, is dit ‘n lekker bykomstigheid by die eierbakkies.

Die eiers in vandag se resep is die bestanddeel wat alles bymekaar hou, maar ook ‘n baie voedsame element vir ‘n ete en kosblik. Daar is nie net proteïene in eiers nie, maar ook heelwat ander nutriënte wat ons beslis moet deel maak van ‘n gesonde eetpatroon. Lees gerus meer op hul webwerf oor die ander voordele daarvan om gereeld eiers te eet. Die proteïen in eier is baie vullend, maar verteer maklik wat dit juis ideaal maak vir ‘n kosblik.

Resepte

Tuna-en-eierbakkies

Resep aangepas uit Cooking from the heart 2

Lewer 4 porsies (12-15 bakkies)

Bestanddele

6 Nulaid eiers, geklits

125 ml (½ k) gaar groenteblokkies van jou keuse, bv. pangebraaide murgpampoentjies

1 x 170 g-blik tuna in water, gedreineer

15 ml (1 e) Westfalia avokado-olie, kies enige van die geure in die reeks

5 ml (1 t) paprika

1,2 ml (¼ t) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n muffinpan liggies met olie.

2. Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en roer tot goed gemeng. Geur met suurlemoensap en peper.

3. Skep die eiermengsel in die muffinpan. Bak vir 15-20 minutes of tot die eier gestol het. Laat effens afkoel en haal dan uit. Laat heeltemal afkoel.

4. Sit voor as ligte middagete of as deel van ‘n kosblik.

 

Pin It on Pinterest

Share This