Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Kaas-en-kruiemuffins

Feb 13, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Hoender-en-broccoli-slaai met JOYA® appel en Westfalia Guacamole

Kaas-en-mieliemuffins

Beplan jou aandetes op so ‘n manier dat jy sommer ‘n paar goed vir die volgende dag se kosblikke ook gereed het. Wees kreatief met verskillende elemente van die aandete of gebruik dit net soos wat dit deel was van aandete, bv frikkadelle. Met iets soos oorskiet- of ekstra hoender, is daar ‘n hele paar goed wat maklik is om te maak. Op ‘n warm somersdag is min mense lus vir ‘n gekookte ete, maar wil steeds vullend eet. Hierdie hoenderslaai is ‘n perfekte opsie daarvoor. Daar is iets uit elke voedselgroep en as die hoender eers gaar is, hoef jy net ‘n paar vars goed te sny en die bakkie guacamole oop te maak.

Pharma Dynamics het ‘n projek van stapel gestuur om almal aan te moedig en dit vir hulle maklik te maak om ‘n gesonde leefstyl te volg. Een van die praktiese maniere waarop die projek help, is bekostigbare en deeglik getoetsde resepte vir die hele gesin. Ons gebruik gereeld van die resepte vir die kosblik-idees wat ons elke week gee. Die klem val altyd op gebalanseerde, voedsame en smulllekker etes, so gaan loer gerus op http://www.cookingfromtheheart.co.za om die resepteboekies gratis van hul webwerf af te laai. Daar is nie net resepte nie, maar ook baie ander praktiese raad om dit maklik te maak om ‘n gesonde leefstyl te volg.

Vars bestanddele is ‘n belangrike deel van ‘n voedsame ete of kosblik. Die verskeidenheid groen groentes wat saam met die hoender in die slaai gebruik word, is maklik om voor te berei en gee lekker tekstuur aan die slaai. ‘n Vars JOYA® appel is die seisonale vrug vir die maaltyd en dit maak nie net die slaai mooi kleurvol nie, maar gee ‘n heerlike natuurlike soet smaak aan die slaai. Onthou om nie die appel te skil nie, want ‘n groot gedeelte van die voedingswaarde van ‘n appel sit net onder die skil. Die kraakvars appels is nou in seisoen en een van die nuwe opwindende kultivars wat in Suid-Afrika gekweek word. Dit is regtig sappig en sommer ‘n lekker skeut energie.

Gesonde olies is ook iets wat daagliks deel moet wees van ons etes. Westfalia Fruit se reeks avokado-olies en guacamole is ‘n lekker manier om hierdie olies in te sluit, wanneer vars avo’s moeiliker bekombaar is. Die olies en guacamole het almal heelwat omega 3 vetsure in, net soos in ‘n vars avokado. Vir vandag se slaai, word die guacamole as ‘slaaisous’ gebruik, om die res van die bestanddele nog geur te gee en lekker klam te hou. Daar is vier guacamole-geure om van te kies, maar vir die slaai, gaan die gewone een die beste pas by die res van die bestanddele.

Onthou dat kinders nie noodwendig hou van ‘n slaai waar al die bestanddel gemeng is nie, so al hierdie elemente kan apart ingepak word om soos ‘n vingerete te geniet. Jy sal weet wat vir jou gesinslede die beste gaan werk.

Almal hou van iets gebak en hierdie kaas-en-mieliemuffins is sommer tweeledig lekker in die kosblik. Dit is ‘n lekker peuselhappie en dra by tot die stysel vir die ete. Die volkoringmeel daarin maak dit meer veselryk en die kombinasie van kaas, mielies, vars kruie en bietjie mosterd is altyd lekker. Die Nulaid-eiers in die resep is ‘n belangrike element om die sagte tekstuur van die muffins te verseker, saam met die karringmelk. Daar is min olie in die resep, maar as jy ‘n gesonde olie gebruik, is die muffin sommer nog meer voedsaam. Die eiers bind ook die ander bestanddele saam en dra ook by tot die voedingswaarde van die muffins. Die muffins is ideaal vir ‘n kosblik, maar kan ook vir ‘n piekniek gebak word.

Resepte

Hoenderslaai met broccoli en appel

Resep aangepas uit Cooking from the heart 2

Lewer 4 – 6 porsies

Kaas-en-mieliemuffins

Lewer 18 – 20 muffins

Bestanddele

Hoender

5 ml (1 e) Westfalia avokado-olie, gebruik die gewone of suurlemoen-gegeurde olie

2-3 hoenderborsies aan die been, vel verwyder

80 ml (⅓ k) sterk Rooibostee

1 lourierblaar

Slaai

7,5 ml (½ e) matige mosterd

45 ml (3 e) suurlemoensap of wit druiwe-asyn

5 ml (1 t) heuning

45 ml (3 e) Westfalia avokado-olie, gebruik die gewone of suurlemoen-gegeurde olie

2, 5 ml (½ t) gedroogde origanum

swartpeper na smaak

100 g broccoli, in blommetjies gesny of dun groenboontjies, gehalveer

250 ml (1 k) bevrore ertjies, afgespoel

¼ komkommer, gehalveer en in skyfies gesny

groot handvol gemengde slaaiblare

2 JOYA® appels, in kwarte en dan in skyfies gesny

1 x 200 g bakkie Westfalia Plain Guacamole

Bestanddele

500 ml (2 k) volkoringmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) mosterdpoeier

‘n knippie sout

20 ml (4 t) vars tiemieblare

125 ml (50 g) gerasperde cheddarkaas

200 ml bevrore mieliepitte, afgespoel

80 ml (⅓ k) Plain Westfalia avokado-olie

3 ekstra-groot Nulaid eiers, geklits

500 ml (2 k) karringmelk

30 ml (2 t) sesaamsaadjies

Metode

1. Hoender: Voorverhit olie oor matige hitte in a groot braaipan (AMC 24 cm Chef’s Pan werk uitstekend). Braai hoender aan beide kante tot goudbruin.

2. Verlaag die hitte, voeg tee en lourierblaar by. Plaas ‘n deksel op en prut 15-20 minute of tot net gaar. Skep uit en laat afkoel. (Die pansappe kan gevries word. Gebruik dit dan as aftreksel vir ‘n ander maaltyd). Verwyder die bene en skeur die vleis in kleiner stukkies. Of gebruik enige oorskiet-hoender.

3. Slaai: Meng mosterd, suurlemoensap, heuning, olie en origanum saam en geur met peper. Skink ‘n bietjie oor die gaar hoender om die vleis te marineer.

4. Skink kookwater oor die broccoli of bone en ertjies. Laat 7-10 minute staan of tot net gaar. Dreineer en herhaal proses met die broccoli en boontjies indien nodig. Spoel af om af te koel.

5. Pak groente, hoender, komkommer, slaaiblare en appel in ‘n kosblik of op ‘n slaai bord en sit voor met die res van die slaaisous. Skep lepelsvol guacamole by die slaai sodra dit voorgesit word, vir ‘n volledige maaltyd. As die slaai vir ‘n kosblik ingepak word, hou die slaaisous en guacamole apart tot dit geëet word.

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 x 24-muffinpanne liggies met olie.

2. Plaas die droë bestanddele in ‘n groot mengbak en roer die tiemie, kaas en mieliepitte by.

3. Meng die olie, eiers en karringmelk saam en roer by die droë mengsel tot dit alles net deurgemeng is, maar moenie die mengsel te veel roer nie.

4. Skep die beslag in die voorbereide panne en strooi sesaamsaadjies oor.

5. Bak 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit as deel van ‘n kosblik voor.

Pin It on Pinterest

Share This