Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Piesangbrood

Jan 9, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Perske met bloukaas, groenboontjies, neute en sade met oorskiet-hoender as peuselete of slaai

Tamatiedrankie met basiliekruid en kruisement

Piesangbrood

Ek hoop jy het ‘n fantastiese vakansie met familie en vriende gehad. Die groot feestyd is verby, maar dit beteken gelukkig nie dat daar nou ‘n maand van water en droëbrood voorlê nie. Ja, dalk het ons almal bietjie meer as gewoonlik geëet en moet ons die beursies so bietjie toehou, maar met ‘n paar praktiese planne en basiese bestanddele kan jy steeds heerlik eet. En seker maak dat jou gesin se kosblikke gesond en gebalanseerd bly.

‘n Nuwe jaar bring dikwels nuwe voornemens en dalk is jou plan om die jaar juis ‘n gesonder leefstyl te volg. Dan is jy op die regte plek, want hier deel ek elke week ‘n klompie idees en resepte vir elkeen se smaak. Hierdie tyd van die jaar is daar ook nog heelwat vars produkte waarmee jy in ‘n japtrap iets kan voorberei. Om met seisonale bestanddele te kook, is sommer ‘n eerste goeie stap vir ‘n gesonde leefstyl. Die produkte is gewoonlik sommer ekstra geurig en ook meer bekostigbaar terwyl dit in seisoen is – min kookwerk is dus nodig.

Op ‘n warm somersdag het ‘n mens ook nie altyd lus vir ‘n bord warm kos nie, so dan is iets vars en seisonaal perfek. Vandag se resep gebruik oorskiet-hoender en vars perskes, boontjies en ‘n stukkie bloukaas of fetakaas vir ‘n lekker slaai. Dit kan selfs ‘n peuselete wees.

Daar is deesdae soveel nuwe perske- en nektarienkultivars beskikbaar dat ‘n mens omtrent kan kies en keur. Gemstone Fruit® is juis ‘n nuwe reeks perskes en nektariens wat veral in Spar beskikbaar is. Soek gerus vir die Gemstone etikette en verpakking. Daar is geel en wit vrugte in die reeks en word as die Diamond reeks (geel vleis) en Pearl reeks (vir die witvleis-vrugte) onderskei. Die vrugte is heerlik sappig en het ‘n baie spesiale geur. Vir iets soos hierdie slaai, is daar nie eers ‘n slaaisous nodig nie, want die vrugte sal die slaai klam genoeg hou. Geniet ‘n Gemstone perske of nektarien ook as peuselhappie deur die dag. Onthou: die nektariens het ‘n gladde wang en die perskes ‘n effense wollerige tekstuur wat maklik kan afwas.

Lees gerus meer oor die vrugte op http://www.topfruit.co.za/

Vandag se ete is geurig en vullend – een van die beginsels van ‘n gesonde kosblik-ete. Pharma Dynamics se resepteboeke moedig ons almal juis aan om so gebalanseerd en onverwerk as moontlik te eet. En wanneer iets soets of gebak geëet word, is dit die heel beste om dit self te maak, soos die piesangbroodresep wat ons vandag maak. Die Cooking from the heart-resepteboeke gaan juis ook ‘n gesonde leefstyl en is op geen manier ‘n dieët nie, maar ‘n manier van eet. Die piesangbroodresep kom juis uit die een boekie en aangesien heelwat piesangs gebruik word om ‘n soet smaak te verleen, is heelwat minder suiker nodig. Die volkoringmeel is ook ‘n goeie manier om nog vesel in die piesangbrood te sit, en nie net koekmeel te gebruik nie.

Die boekies is gratis beskikbaar op hul webwerf 

Sonder eiers, sal die piesangbroodresep nie dieselfde resultaat lewer of dieselfde tekstuur hê nie. Ons gebruik Nulaid se eiers nou al vir ‘n paar weke op verskillende maniere in #Kosblik en hierdie is nou maar net nog ‘n manier om die veelsydigheid van eiers te bewys. Dis beslis ook ‘n staple-item in my kombuis en iets waarsonder ek moeilik sal kosmaak. Eiers in ‘n uiters gesonde bron van proteïen en help ook om die piesangbrood sommer meer vullend en voedsaam te maak, want dis propvol ander voedingswaarde ook. Nulaid se webwerf is ook ‘n bron van baie inligting oor eiers en maniere om dit te gebruik of volg gerus hul Facebook-blad vir nog lekker idees en resepte.

‘n Reeks produkte waarmee ek ook graag kook, is Rhodes Quality s’n. Dis baie goeie kwaliteit en goeie waarde vir geld. Die veelsydige reeks tamatieprodukte is gereeld op my inkopielys – van die geblikte tamaties tot die tamatiepuree en –pasta, want daarmee kan ‘n groot variasie van geregte voorberei. Iets soos die tamatiepasta kom ook in verskillende groottes voor, so kies die een wat vir jou gesin en kook-behoeftes geskik is. Die nuwe plastiekbakkie wat toegemaak en weer gebruik kan word is nogal handig.

Vir hierdie week se kosblik, is ‘n verfrissende tamatiedrankie op die spyskaart. Dis basies net ‘n blik gekapte tamaties wat jy verder verpulp saam met komkommer, seldery en vars kruie – regtig lekker vir ‘n warm dag. Moenie daaraan dink as ‘n sop nie, maar as ‘n gesonde drankie of selfs ‘n ete-in-‘n-glas. Ek ken baie mense wat sê dat hulle nie kan eet as dit so warm is nie en verkies om dan net ‘n yskoue drankie te geniet. As dit boonop vullend en gesond is, het jy sommer twee goed gelyktydig reggekry. Tamatieprodukte se tamaties is reeds gaar, wat beteken dat dit gerieflik is en net so gebruik kan word. Verder is gaar tamaties bekend daarvoor dat die antioksidant likopeen, dan baie maklik deur die liggaam geabsorbeer kan word – dus sommer nog gesonder. Die drankie is ook ‘n goeie manier om te verhoed dat jy dehidreer, want daar is baie min sout in en die tamaties, komkommer en seldery is hoog in vog. Kyk na Rhodes se webwerf om te sien watter produkte nog alles in die reeks is.

Resepte

Piesangbrood

Resep uit Cooking from the heart 1

Lewer 1 brood

Bestanddele

75ml (5 e) sonneblomolie

125 ml (½ k) suiker

2 Nulaid eiers, geklits

5 ml (1 t) vanieljegeursel

4 ryp piesangs, fyngedruk

2,5 ml (½ t) koeksoda

180 ml (¾ k) louwarm melk

375 ml (1½ k) koekmeel

125 ml (½ k) volkoringmeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n 1,5 liter-broodpan met botter.

2. Klits olie, suiker, eiers en vanielje saam en roer die piesangs by.

3. Roer die koeksoda by die melk tot opgelos en roer by de eiermengsel.

4. Plaas droë bestanddele in ‘n groot mengbak en roer die eiermengsel daarby.

5. Skep beslag in die broodpan en bak 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Laat op ‘n afkoelrakkie afkoel.

Wenk

Voeg 5 ml (1 t) gemaalde neutmuskaat en 15 ml (1 e) gemaalde kaneel of gemengde speserye by die beslag.

Perske-en-hoender peuselete of slaai

Sny Gemstone Fruit® perskes in wiggies en pak in ‘n kosblik met gaar hoender, ‘n stukkie matige bloukaas of fetakaas, geblansjeerde groenboontjies en neute, bv. amandels en sonneblomsaad. Skink ‘n bietjie olyf- of avokado-olie oor as jy ‘n slaaisous nodig het, maar die perskes is dikwels sappig genoeg. Geniet as ‘n slaai of as ‘n peuselete in ‘n kosblik.

Tamatiedrankie

Plaas 1 x 410 g blik Rhodes Quality gekapte tamaties en 15 ml (1 e) Rhodes Quality tamatiepasta in ‘n mengbeker. Sny ¼ – ½ komkommer en 2 selderystingels in blokkies en voeg by die tamaties. Sit ‘n groot handevol elke vars basiliekruid- en kruisementblare by en meng met ‘n stokmenger tot glad. Voeg water of ys by, indien verkies. ‘n Skeut avokado- of olyfolie en ‘n bietjie swartpeper na smaak sal ook lekker wees in die drankie. Indien verkies, kan brandrissies (soos jalapeños), paprika of brandrissiesous (Tabasco) ook bygevoeg word. ‘n Ryp avokado sal die drankie heelwat dikker maak en ook meer vullend, as jy dit as maaltyd wil geniet.

Pin It on Pinterest

Share This