Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Omelet-rolletjies

Dec 5, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Omelet-rolletjies met gegeurde maaskaas

Groentestokkies en neute

JOYA® appel

Waterbottel

In die vakansietyd is ‘n mens se roetine soms heeltemal anders of dalk is julle ‘n paar keer oppad gedurende die vakansie. Onthou om dan nog steeds gesonde beginsels te probeer volg – hoe gesonder mens eet, hoe lekker voel jy en hoe meer energie het jy.

As mens heeldag aan die gang of oppad is, kry jy nie altyd kans vir ‘n volledige ete nie. Dan is gesonde en vullende peuselhappies soms net die antwoord. As die peuselkos jou kan vol hou tot en met die volgende ete, vergryp jy jou nie so maklik nie en voel jy ook nie kort daarna heeltemal ongemaklik nie.

Veral met padkos, kom ‘n mens maklik in die versoeking om kitskos of te veel snoeperye te eet, maar daar is beslis maklike en gesonder opsies om te kies. Neute, vrugte en ‘n gesonde proteïen, is al ‘n goeie begin. Onthou ook dat dit belangrik is om gesond te eet as julle nogal aktief is, bv meer tyd kry vir oefen, baie swem of op die strand speel. En genoeg water is altyd belangrik, selfs al sit jy vir die grootste deel van die dag in ‘n warm kar, kan jy maklik dehidreer en dit laat mens gou sleg voel.

Pharma Dynamics, wat die reeks resepteboeke, Cooking from the heart ontwikkel het, moedig almal beslis aan om met hul gesonde leefstyl voort te gaan, selfs wanneer ons met vakansie is. Dieselfde beginsels geld en as jy dit kan regkry om veral jou porsies te beheer, het jy heel waarskynlik ook nie na die vakansie ‘n paar ekstra kilo’s om af te skud nie. Gaan kyk gerus op hul webwerf na al die maklike wenke oor maniere om gesond te eet en leef. Die tweede en derde boek het ook ‘n hele paar lekker idees vir gesonde peuselhappies.

As die feesdae dit soms vir jou moeilik maak om gesond te eet, probeer om die hele dag se etes in ag te neem. As jy bv weet dat aandete ‘n groot ete gaan wees, maak seker dat jy ‘n gesonde ontbyt eet en dan ‘n ligter middagete. Dan sal jy in totaal nie te veel eet nie, maar ook nie sterwend honger wees teen die tyd dat aandete aanbreek nie. Hou jou aandete-porsies matig, sodat jy nie oorvol en ongemaklik moet gaan slaap nie.

‘n Gesonde, vullende proteïen, soos die in eiers, is ideaal om jou versadig te hou, maar nie onnodig vol te laat voel nie. Ek gebruik die week weer van Nulaid se eiers om die veelsydige eier-rolletjies te maak. Of soos ek dit noem – ‘eier-sushi’. Die proteïen in eier stol teen ‘n baie lae temperatuur, so maak seker dat die pan waarin die omelette gebak word, nie te warm is nie. Sodra die eier stol, is dit ook stewig genoeg om die vulsel te kan dra. Nulaid se webwerf is propvol wenke en interessante inligting oor eiers.

Nog ‘n beginsel van ‘n gesonde leefstyl is om genoeg vars vrugte en groente in jou etes in te sluit. Seisoensvrugte is altyd ‘n goeie keuse, want dis meer bekostigbaar wanneer dit in seisoen is en ook geuriger. JOYA® appels is juis nou in seisoen en die perfekte inpak-appel, hetsy as padkos, vir ‘n kosblik of piekniek, want dit kneus nie maklik nie. Die appels is ‘n lekker bron van energie, veral as jy aktief is en die kraakvars, ferm appels is regtig geurig en soet. Jy kan selfs nog ‘n bietjie maaskaas met grondboontjiebotter geur en as doopsous vir appelwiggies gebruik – dis heerlik.

Ek pak nooit vir ‘n piekniek of padkos, sonder ‘n natlappie nie. Chux is ‘n nuwe produk wat deur GLAD in Suid-Afrika beskikbaar gemaak is en dit is ‘n heerlike stewige lappie – perfek vir die doeleindes. Die dubbel-geweefde lappies is perfek om ‘n oppervlak mee af te vee, omdat dit vog so goed absorber. Dit spoel ook maklik uit, wat dit meer higiënies maak. Maak ‘n lappie nat en hou dit in ‘n GLAD ZipSeal sakkie om dit die hele dag lank klam te hou. Gebruik ook van GLAD se ander produkte as jy kos moet inpak, droog of klam hou en vars hou. Daar is ‘n wye verskeidenheid sakkies, kleefplastiek en foelie wat die inpakkery soveel makliker maak. GLAD se bakpapier werk uitstekend om ‘n lagie tussen elke omelet te sit om te keer dat dit aan mekaar vassit tot jy dit vul. GLAD South Africa se webwerf het ook nog lekker ander praktiese wenke.

Resepte

Omelet-rolletjies met maaskaas en songedroogde tamaties

Lewer 6 omelet-rolletjies

Bestanddele

4-6 songedroogde tamaties

250 ml gladde maaskaas

sout en peper

6 Nulaid eiers

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

handvol spinasieblare

Metode

1. Plaas songedroogde tamaties in ‘n glasbak en bedek net met kookwater. Laat vir ongeveer 1 uur staan, of tot heeltemaal sag. Meng met ‘n stokmenger tot glad. Roer maaskaas by tot ‘n gladde mengsel en geur met sout en peper.

2. Klits 1 eier per omelet en geur met sout en peper.

3. Verhit ‘n dun lagie olie oor matige hitte in ‘n braaipan (AMC 20 cm Skillet) and bak ‘n dun omelet tot goudbruin en gestol. Draai om en bak vir ‘n minuut aan die ander kant. Skep uit en herhaal met die orige eiers.

4. Smeer die maaskaasmengsel oor die omelette en plaas spinasieblare bo-oor. Rol op en sny in dik skyfies. Druk ‘n tandestokkie deur elke skyfie om dit bymekaar te hou, as jy dit sou verkies. Sit voor as deel van ‘n peuselhappie-bord of ‘n kosblik.

Wenk

Vul die rolletjies met ‘n verskeidenheid bestanddele. Avokado, tuna of pepermakriel sal heerlik wees. Gebruik altyd die maaskaas as basis, sodat dit help om die vulsel in plek te hou as dit opgerol word.

Groentestokkies

Idee uit Cooking from the heart 3.

Metode

Ryg stukkies vrugte en groente op stokkies met kaasblokkies en pak in ‘n kosblik of sit voor as peuselhappies. Komkommer, druiwe en tamaties werk goed.

Pin It on Pinterest

Share This