Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Omelet

Oct 3, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart (skoolvakansie)

Omelet-bakkies met broccoli-en-kaas (resep uit Cooking from the heart 2) (gebruik GLAD Bake & Cooking Paper om die muffinpan te voer)

Vars groente soos tamaties, wortelrepies (in GLAD ZipSeal® bags)

Halwe avokado

ATKV Woord van die week: eierspaan (egg lifter)

Die skoolvakansie het begin en soms is dit vir baie van ons ‘n tyd om so bietjie minder op te let na wat ons eet. Maar as jy reg beplan, hoef dit nie ‘n klippie in jou gesond-leef-skoene te word nie. Volg net die basiese beginsels van ‘n gesonde leefstyl, dan kan jy jouself beslis van tyd tot tyd ‘n lekker bederf ook gun.

As jy wel die week nog moet kosblikke pak vir die res van die gesin, is hierdie ‘n lekker maklike en vinnige idee. ‘n Pan-omelet met broccoli, uie en kaas is ewe vullend en lekker vir ontbyt as middagete. ‘n Ete met genoeg variasie in kleur, tekstuur en geure is sommer al klaar meer aptytlik en op die manier kan jy seker maak dat dit ook gesond is.

Pharma Dynamics se reeks resepteboeke, Cooking from the heart, is gratis beskikbaar op hul webwerf en propvol praktiese wenke en idees om gesond te kook, eet en leef. Hulle moedig almal met die inisiatief aan om nie ‘n dieet te volg nie, maar gesond wees ‘n leefstyl te maak.

Elke ete behoort gebalanseerd te wees en daarmee word bedoel dat mens gesonde keuses maak vir elkeen van die voedselgroepe: proteïene, onverwerkte stysels met genoeg vesel, ‘n verskeidenheid groente en vrugte en ‘n gesonde olie. As jy die bron van elkeen van hierdie voedselgroepe kan afwissel, het jy reeds met ‘n lekker variasie ‘n goeie begin gemaak.

Besoek die webwerf en word deel van hul Faceboek-gemeenskap om gereeld praktiese wenke en idees te kry.

Vir vandag se kosblik is eiers die bron van proteïen. Dis beslis deel van ‘n gesonde eetpatroon en lankal nie meer die ongesonde kos wat liefs minder van geëet moet word nie. Eiers is ‘n uistekende bron van proteïen, wat belangrik is vir groei, spierontwikkeling en die herstel van weefsels. Die belangrike element is hoe dit gaargemaak word, beide in terme van die temperatuur, sodat dit nie oorgaar word nie en die hoeveelheid en tipe vet waarin dit gaargemaak word. Waarmee dit voorgesit word, was vir lank die meer ongesonde aspek van bv ‘n ontbyt met eiers. Nulaid het ‘n lekker verskeidenheid eiergroottes beskikbaar en hul kleurvolle verpakking sien jy sommer maklik in die winkels raak. Hul webwerf is propvol inligting oor alles en nog wat van eiers.

Die res van die ete bestaan uit vars groente en ‘n halwe avokado, wat ‘n perfekte alternatief vir brood is. Dit is vullend genoeg en propvol gesonde olies en vesel wat jou dus lank genoeg sal versadig hou.

Iets waaroor ek net so passievol as gesonde kos is, is idees om die vermorsing van kos te beperk. Dit maak my moedeloos as mense uit pure luiheid nie kans sien om oorskietkos behoorlik te bêre nie en dit dan sommer dadelik weggooi of dit sonder enige bedekking in die yskas sit, net om dit later wel weg te gooi. Met GLAD se reeks produkte is dit regtig maklik om vinnig die oorskiet weg te pak. Hul nuwe, sterker kleefplastiek is veelsydig en maklik om te gebruik. As jy ‘n rol geperforeerde plastiek aanskaf is daar ook geen gesukkel om kleefplastiek te sny nie. Ek gebruik elke dag vir my kinders se kosblikke van hul ZipSeal peuselsakkies, want dit hou die inhoud vars of klam of keer dat dit uitdroog – hang net af wat jy daarin pak. Kyk gerus na hul webwerf en Facebook vir nog meer produkte in hul reeks.

Sedert September het ons ‘n ATKV-geborgde koswoord elke week. Hierdie week kuier en ontspan jy en jou gesin dalk by ATKV vakansieoord, maar onthou ook dat hulle ons ook graag aanmoedig en help om suiwer Afrikaans te praat. Daar is elke week ‘n kompetisie waaraan jy op Die Groot Ontbyt kan deelneem en ‘n lekker boekepakkie van Lapa Uitgewers wen. Vandag se woord is ‘n eierspaan – die korrekte Afrikaanse term vir ‘n ‘egg lifter’, want baie van ons verwys verkeerdelik daarna as ‘n eierligter. www.atkvoorde.co.za of www.facebook.com/ATKVOORDE

 

Resepte

Pan-omelet met broccoli en kaas

Resep uit Cooking from the heart 2

Lewer 4 porsies

Bestanddele

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

1 ui, in skyfies gesny

100 g broccoli, in klein blommetjies gesny

15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie

suurlemoensap en swartpeper na smaak

6 eiers, geklits

2,5 ml (½ t) sout

80 ml (⅓ k) gerasperde cheddar-, mozzarella- of bloukaas

Metode

1. Verhit die helfte van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai ui tot sag.

2. Voeg broccoli en kruie by en braai vir nog ’n paar minute tot gaar, maar nog steeds bros. Geur met suurlemoensap en peper.

3. Klits eiers en sout saam. Giet die res van die olie in die pan met die groente en roer deur.

4. Skink eiers oor die groente, maar moenie roer nie. Verlaag die hitte.

5. Laat eier stol en lig die gaar eier al om die rand van die pan met ‘n eierspaan, sodat die rou eier onder dit kan inloop, maar moet dit nie roer nie. Op die manier word ‘n basis vir die groente gevorm. Laat dit gaar word tot die meeste van die eier gestol het, strooi die kaas oor en laat dit smelt.

6. Sit die deksel op vir ‘n paar minute of tot die eier heeltemal gestol en die kaas gesmelt is.

7. Skep die pan-omelet uit, laat effens afkoel en sny in wiggies om in ‘n kosblik te pak. Of geniet die warm pan-omelet as ontbyt of ligte middagete.

Wenk

Ander groente van jou keuse kan ook lekker wees in die omelette, bv sampioene, murgpampoentjie, spinasie of gaar botterskorsie. As die groente baie water trek, soteer dit saam met die uie voor die eier gevoeg word.

Pin It on Pinterest

Share This