Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Drieboneslaai

Sep 12, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Drieboneslaai met Cecilia’s Farm gedroogde rooi bosbessies (Cranberries) (resep uit Cooking from the heart 3) (AMC 24 cm Chef’s Pan/ Dome)

Biltongstukkies

Cecilia’s Farm peuselhappie (Apricot & Mango Chunks met Roasted & Salted Macadamias)

Braaivleis, meer sonskyn en lekker eet is beslis dié maand op die spyskaart. September is mos ook bekend as braaimaand en Suid-Afrikaners het min aanmoediging nodig as dit oor braaivleis gaan. Die een ding wat wel meer aanmoediging nodig het, is dat ons almal moet oplet na wat ons saam met die lekker braaivleis eet. Dit gebeur baie maklik dat dit ‘n vleis-en-stysel-ete word, want braaibroodjies, aartappelslaai, pap in een of ander formaat en dalk selfs pastaslaai is groot gunstelinge. Selfs met ‘n braaivleis-ete is dit belangrik om die bord kos so gebalanseerd as moontlik te maak en nie net stysel-opsies te hê. ‘n Maklike manier om die ete te beplan, is om seker te maak dat een kwart van die bord met  stysel gevul kan word, nog ‘n kwart met vleis en die orige helfte met slaai en groente, hetsy gaar of rou.

As ‘n bygereg met braaivleis sommer ook ideaal is vir die volgende dag se kosblikke, is dit ‘n bonus. Drieboneslaai is ‘n gewilde bygereg in ons land en as jy die gesonde leefstylbeginsels wat in die reeks Cooking from the heart-resepteboeke uiteengesit word, as riglyn gebruik, dan is ‘n gesonde, tuisgemaakte slaai perfek. Drieboneslaai se bekende soet-suur sousie kan nogal onnodig baie suiker en sout bevat, veral ook die voorafbereide opsies wat te koop is.

Hierdie slaai is ‘n goeie bron van stysel, het heelwat vars bestanddele in en die slaaisous het nie enige suiker in nie, maar is ewe lekker. Die gaarmaakmetode word op ‘n slim manier gebruik om dit geurig te maak. Die nierbone in die slaai is ook ‘n bron van proteïen, wat dit juis geskik maak vir ‘n ligte middagete in ‘n kosblik. Die vesel in veral die bone en res van die slaaibestanddele, goeie vette wat ingesluit word, min sout en suiker maak dit ook ‘n uitstekende opsie om ter wille van hartgesondheid te eet. September is mos juis ook Hartmaand, waar ons herinner word daaraan dat ons gesond moet eet en leef, om hartsiektes te voorkom.

Word gerus deel van die Cooking from the heart Facebook-gemeenskap en kry elke dag ‘n lekker praktiese wenk of resep om gesonde eetgewoontes ‘n leefstyl te maak.

Een van die maniere waarop jy gesonder etes kan maak, is om die regte gaarmaakmetode en bestanddele te kombineer vir soveel as moontlik geur. Die uie in die slaai, word eers gesoteer vir die natuurlike soet smaak. In ‘n AMC pan is juis perfek daarvoor, want die temperatuur kan regtig goed beheer word. AMC kookware is van die beste gehalte vlekvryestaal vervaardig – net een van die redes waarom dit so maklik is om skoon te maak, selfs wanneer kos daarin gebraai word. As jy ‘n AMC pan oor matige hitte warm maak, kan jy selfs bestanddele soos uie met baie min of selfs geen olie soteer. Hul nuwe reeks produkte is ook alles induksie-vriendelik en saam met die lewenslange waarborg op die kookware, is die reeks ook omgewingsvriendelik om te gebruik.

Om etes en ook peuselhappies gesond en interessant te hou, kan soms nogal ‘n uitdaging wees. Partykeer is net ‘n eenvoudige verandering nodig en siedaar – almal smul lekker saam. Die rosyntjies in ‘n drieboneslaai, het ek met Cecilia’s Farm se rooibosbessies (cranberries) vervang. Die bessies se soet-suur smaak pas perfek by die res van die geure in die slaai en hulle is boonop propvol antioksidante. Vir die week se peuselhappie het ek uit Cecilia’s Farm se reeks kwaliteitprodukte ‘n handvol makadamianeute en gedroogde vrugtestukkies (mango en appelkoos) gemeng en met ‘n knippie gemaalde kaneel gegeur. Dis heerlik en iets wat die hele gesin geniet. Die kaneel bring weer ‘n hele ander smaak na vore en jy kan die mengsel selfs oor jou hawermout vir ontbyt gebruik. Besoek hul aanlynwinkel en webwerf om te sien wat daar alles beskikbaar is.

Die woord van die week, wat deur die ATKV geborg word, is: rooi nierboontjies

Daar is vir die volgende paar weke elke Maandag ‘n kompetisie wat rondom die woord gehou word, so wees op die uitkyk daarvoor op kykNet se Groot Ontbyt op ‘n Maandagoggend. Daar is elke week ‘n opwindende pakkie resepteboeke wat deur Lapa Uitgewers geborg word, op die spel. Vind meer uit oor die ATKV vakansieoorde op hul webwerf of Facebook.

En besoek www.lapa.co.za vir ‘n wye verskeidenheid resepteboeke, beskikbaar aanlyn en in ‘n boekwinkel naby jou.

Resepte

Drieboneslaai

Resep uit Cooking from the heart 3

Lewer 6 porsies

Cecilia’s Farm peuselhappie

Meng 60 ml (¼ k) elk Cecilia’s Farm appelkoos en mango stukkies (Apricot & Mango Chunks) en gesoute makadamias (Salted Macadamias) met ‘n knippie gemaalde kaneel en pak in lugdigte bakkies vir kosblikke.

Bestanddele

200 g groenboontjies, in derdes gesny

15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie

2 uie, in kwarte en dan in dun skyfies gesny

30 ml (2 e) rooiwynasyn

60 ml (¼ k) water

5 ml (1 t) gedroogde of 15 ml (1 e) vars tiemie

30 ml (2 e) tamatiepasta

1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer

1 x 410 g-blik rooi nierbone, gedreineer

2,5 ml (½ t) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

2 ryp tamaties, in blokkies gesny

handvol slaaiblare

handvol Cecilia’s Farm rooibosbessies (Cranberries)

Metode

1. Giet kookwater oor die groenboontjies en laat ’n paar minute staan tot net gaar, maar nog bros. Dreineer en spoel af met koue water.

2. Verhit olie oor matige hitte in ‘n braaipan (AMC 24 cm Chef’s Pan) en braai uie stadig tot gekaramelliseer. As dit te vinnig bruin word, voeg ‘n klein bietjie water by. Hoe meer die uie gekaramelliseer is, hoe soeter die smaak.

3. Verlaag die hitte, voeg die asyn, water en tiemie by en prut nog ‘n paar minute. Voeg tamatiepasta by en roer deur. Roer geblikte bone en sout by en geur na smaak met suurlemoensap en swartpeper. Laat afkoel.

4. Meng die bone-mengsel met die groenboontjies en tamaties en skep oor slaaiblare. Strooi rooibosbessies oor. Sit as bygereg voor saam met braaivleis, of gebruik vir ‘n kosblik.

Pin It on Pinterest

Share This